
Afrikaner Weerstands Beweging (AWB)
Wenkommando Oos-Rand Streek
Staan op! Staan saam!

VOLKSMOORD 1994 - 2015
Dit wil voorkom asof party mense nie die werklikheid wil aanvaar en dit noem wat dit is (volksmoord) voordat dit hul eie wêreldjie wreedaardig binnedring nie.
1994 - 2014
± 4041 blankes wreedaardig op plase vermoor
± 68798 blankes wreedaardig in stede vermoor
Wat is volksmoord?
Volksmoord is 'n misdaad wat gepleeg word om 'n nasionale, etniese, rasse of Godsdienstige groep in die geheel of gedeeltelik uit te wis.
Dit kan dade insluit soos:
- Doodmaak van lede van die groep
- Veroorsaking van ernstige liggaamlike of geestelike leed aan lede van die groep
- Doelbewuste totstandbring van toestande om 'n groep of 'n gedeelte daarvan fisies uit te wis
Die agt (8) stappe van volksmoord, soos deur Genocide Watch (www.genocidewatch.org) gedefinieer:
1. Klassifikasie (Suid-Afrika 1994)
2. Simbolisering
3. Verontmensliking
4. Organisering
5. Polarisasie
6. Voorbereiding
7. Uitwissing (Suid-Afrika 2015)
8. Ontkenning
Die ANC is ʼn Afrikanisties-Marxistiese organisasie. Dit vermeng Marxisme en rassisme op dieselfde wyse as wat Stalin gedoen het. In die Sowjetunie was alle etniese groepe veronderstel om op Marxistiese grondslag gelyk te wees, maar in der waarheid het Stalin Russiese oorheersing bevorder. Die ooreenkoms tussen Stalin se regeringstyl en dié van die ANC strek ook na die geweldsdimensie. Stalin het die Sowjetunie d.m.v. geweld gevorm soos hy dit wou hê. Stalin het egter voor die inligtingseeu geleef en omdat die Kommunistiese Party van die Sowjetunie d.m.v. ʼn geweldsrewolusie die bewind oorgeneem het kon dit sonder enige teenstand alle inligting beheer. Met geen vrye pers wat die regering kon kritiseer nie het die staat dus direk geweld teen etniese minderhede en ander teenstanders gepleeg.
In Suid-Afrika is dit ietwat anders. Die ANC regeer in die era van die internet, waar inligting vrylik vloei. Daar bestaan ook internasionale uitsaaikorporasies wat gedurig in mindere of meerdere mate ontbloot wat regoor die wêreld gebeur. Boonop het die ANC die heerskappy op onderhandelde wyse verkry (na jare van terreur aanvalle op sagte teikens), wat beteken dat dit die werklikheid van persvryheid d.m.v. instemming geërf het. Die staat is dus beperk in die mate waartoe dit openlik etniese suiwering kan uitvoer of politieke teenstand kan neutraliseer , aangesien geheimhouding bykans onmoontlik sou wees.
Die ANC moet gevolglik in sy Stalinistiese strewe om blanke Afrikaner-etniese suiwering uit te voer van indirekte metodes gebruik maak. Behalwe die enorme hoeveelheid diskriminerende wetgewing teen blankes, skep die regering ʼn toestand waar in haatmisdaad teen blankes floreer. Deur konstant die SABC en ander forums te gebruik om die blanke te demoniseer en deur nie op te tree teen moordbendes wat blanke gesinne aanval nie, bereik die ANC dus sy doel. Daardie blankes wat nie uit vrees die land verlaat nie, is so gedemoraliseer dat hulle maar die kop in die sand steek en sodoende net wag vir hul kans om uitgewis te word.
Hierdie is volksmoord “op ʼn afstand” (genocide by proxy). In die moderne tyd is dit ʼn gewilde metode vir diktature om “onafhanklike” milisies aan te moedig om volksmoord te pleeg.
Die diktator verseker hierdeur dat die vinger nooit na hom gewys kan word nie. Of altans, so hoop die diktator. Iemand anders doen die diktator se vuilwerk. In Darfoer is dit die Janjaweed, in Rwanda was dit die Interhamwe, in Suid Afrika is dit “misdadigers”. Die ANC se taktiek om misdaad aan te blaas troef sekerlik alle vorige volksmoordpogings i.t.v. die onherleibaarheid daarvan terug na die bron, nl. die regime (ANC). Die ANC se volksmoordapparaat is wel stadiger as die ander, waarskynlik grootliks omdat dit selfs meer indirek gedoen word as in die ander gevalle, maar die ANC se volksmoordapparaat is baie moeiliker om te definieer. Skynbaar is hier nie ʼn georganiseerde struktuur nie en so bly dit geheel en al gesigloos. Weens die onherleibaarheid tot die oorsprong (nl. die ANC) kan mens amper sê dat, ten spyte van die relatiewe langsaamheid daarvan, die ANC volksmoord vervolmaak het.
Die dinamika van die ANC-regime se volksmoord is heel eenvoudig. Die regering skep ʼn magsvakuum in blanke gebiede d.m.v. die doelbewuste onderpolisiëring van hierdie gebiede, sowel as ʼn poging om blankes te ontwapen. Die doelbewuste aard van onderpolisiëring waar aanvalle op blankes plaasvind is onlangs bewys toe 20 polisiebeamptes aangewend is om ʼn enkele blanke jeugdige (wat 4 nie-blankes doodgeskiet het) by sy ouerhuis te arresteer, ten spyte van die feit dat hy geen weerstand gebied het nie. Nogtans, as blanke oorlewendes plaas- of huisaanvalle rapporteer, word dit bykans glad nie opgevolg met aksie nie en somtyds word die slagoffers selfs onmenswaardig behandel.
Die historiese haat wat die nie-blanke teen die blanke koester, word deur die regime aangeblaas. Dit word bereik deur openbare apparatuur (soos die SABC, pers, ens.) aan te wend om haat te stook teen blankes, deur blankes konstant te demoniseer. Gereelde verwysings na “injustices of the past”, “the oppressive apartheid regime”, “white minority rule”, “the evil of apartheid” en ”white oppressor” is net geringe voorbeelde. So word ʼn teelaarde vir haat teen blankes geskep. Die gevolg is haatmisdaad teen blankes.
Het julle al agter gekom dat die skole ens. wat nie handboeke (leerstof) ens. ontvang nie, 99.98% in nie-blanke gebiede is - wat die regime (ANC) met opset doen om die nie-blanke onopgevoed te hou sodat hy of sy al die leë beloftes, propaganda en die ANC se geromantiseerde weergawe van apartheid glo, en sodoende die haat aanhits.
Omdat jong nie-blanke mans neig tot geweldsmisdaad, is die lokasies nog altyd daardeur geteister. Laasgenoemde is egter gemeenskapsgeweld. Gemeenskapsgeweld is waar lede van ʼn gemeenskap misdaad pleeg teenoor hul medegemeenskapslede, vir materiële of watter gewin ook al. Dikwels hou dit insgelyks verband met bendebedrywighede, waar sekere territoriale aansprake ʼnrol speel.
In blanke gemeenskappe word egter bloedweinig gemeeskapsgeweld gepleeg omdat blanke mans nie daartoe geneig is om medeblankes aan te val nie. Die misdaad wat in blanke buurtes gepleeg word, word ook deur nie-blankes uitgevoer. Tog bly blanke aanvalle op nie-blanke gemeenskappe ʼn rariteit (mag dit ook so bly). Die besonderse wrede aard van swart-op-wit aanvalle, tesame met die oortreders se verbale rassisme, maak dit duidelik dat selfs waar items gesteel word ons hier met ʼn ander tipe misdaad te make het. Laasgenoemde is dus nie gemeenskapsgeweld nie, maar ongetwyfeld haatmisdaad (volksmoord). Die ANC-regime fasiliteer hierdie verskynsel doelbewus.
Geen regdenkende blanke Afrikaner kan meer ontken dat die situasie in die land benard is nie. Deurdat die ANC ʼn horde diskriminerende wetgewing teen blankes geïmplementeer het, belastings teen blankes hef waarvoor bitter min in ruil gegee word, die ineenstorting van staatsdienste en infrastruktuur ontketen het, die land se grense oop geslinger sodat moordbendes van ander Afrika lande die Suid-Afrikaanse moordbendes kan bystaan, die ooreenkoms van 1994 verbreek het deur op blanke Afrikanerregte te trap oral waar hulle kan en deur ʼn haatmisdaadveldtog teen die blanke Afrikaner aan te hits, pleeg die ANC ongetwyfeld volksmoord teen die blanke Afrikaner. Die ANC het dus geen legitimiteit as ʼn regering oor die blanke Afrikaner nie. Die wetlikheid van ʼn ANC-regering is reeds onklaar gemaak deur die verbreking van die 1994-ooreenkoms, sowel as die verbreking van die sosiale kontrak teenoor die belastingbetaler, nl. dienste en veiligheid in ruil vir belastings.
Die ANC-staat is nou bloot ʼn dodelike parasiet wat soos meeste parasiete besig is om sy gasheer tot niet te maak...
Dit is egter nou duidelik dat daar groeiende konsensus onder blanke Afrikaners vanuit uiteenlopende oorde is dat bg. min of meer die werklikheid is. Die vraag is dus of dit voldoende is vir blanke Afrikaners om hulself langer bloot teen misdaad te beveilig? Is slegs die misdadigers die probleem? Moet die saak nie by die oorsprong aangespreek word nie? Ons almal weet dat die ANC homself afvee aan blanke klagtes oor misdaad.
Dit is ook te verstane. Misdaad is immers hul perfekte wapen teen die blanke. Dit is tyd dat die blanke Afrikaner die werklike vyand identifiseer. Dit is ook tyd dat die blanke Afrikaner besef dat hierdie vyand daarop uit is om ons uit te wis op velerlei maniere. Hierdie vyand is die ANC, die regering van die dag.
Die vyand het reeds begin met die oorlog teen die blanke Afrikaner sonder om ooit ʼn oorlogsverklaring uit te reik.
Inteendeel, hulle kruip agter die misdaadmasker weg. Is dit nie tyd dat die blanke Afrikaner die stryd opneem nie? Val daar nie nou ʼn morele plig op ons om die vyand wat verantwoordelik is vir die verkragting en uitmoor van ons volk uit te wis nie?
'n Paar feite:
Kom ons vra onsself ʼn belangrike vraag, naamlik, hoekom word nie-blanke boere en hulle families ook nie so wreedaardig vermoor nie, as dit dan net gewone misdaad is? Uit die ± 21 gedokumenteerde aanvalle op nie-blanke boere van 1994 tot 2014 (20 jaar), was daar slegs 4 moorde aangemeld, waarvan die motiewe duidelik aangeteken was as roof.
Betaal nie-blanke boere hulle werkers meer of gee hulle hul werkers elk 'n nuwe 4x4, Nee!! Dis volksmoord!
Apartheid word altyd die skuld gegee as iemand die ANC konfronteer met feite oor die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners, terwyl apartheid geen rol speel agter die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners nie (iets interessant). As dit so was, hoekom dreig die kleurlinge en Indiërs nie ook die blanke Afrikaner se bestaan nie, hoekom net die ANC met al hulle leuens ens.
Met die miljarde ("korrupsie kos S.A R700 miljard Januarie 2015") rand wat gesteel word uit die belastingkoffers, het die ANC niks om die nie-blanke (jeug) te belowe nie, die “arme” nie-blanke (jeug) wat veronderstel was om karre en huise te kry met blanke belastingbetalers se geld. As die ANC nie meer werk en/of geen geld kan belowe nie, skep die ANC die geleentheid ens. vir die nie-blanke (jeug) om land en eiendom te vat (en soos diere aan te gaan), en belowe hulle (ANC) myne en banke nasionalisering, ens. om die massa nie-blankes (jeug) gelukkig te hou.
Die ANC hits die nie-blankes (jeug) aan om blanke Afrikaners te vermoor, om die ANC se lojaliteit teenoor verandering (versoening) te bewys.
Die ANC kan nie ʼn opstand bekostig soos in Libya en ander Afrika state nie, so die enigste uitweg is om die moord op blanke Afrikaners (volksmoord) te vergemaklik en weg te steek, en om die nie-blanke (jeug) aan te hits om te vat wat hulle wil hê van die blanke Afrikaner.
Die gaping tussen ryk en arm, blank en nie-blank, is nie as gevolg van blanke ekonomie of land wat gebruik word om kos te produseer nie, maar is as gevolg van bedrog, diefstal, Nkandla, slegte dienslewering, misdaad, korrupte polisiëring, kriminele wat in die parlement dien, onwettige Nigeriërs wat die land besoedel met dwelms en siektes, onwettige Zimbabwiërs ens. wat kos uit die monde van wettige landsburgers vat, ens.
As die blanke Afrikaner dan so rassisties is, hoekom betaal blanke Afrikaners ± 87% van Suid-Afrika se elektrisiteit gebruik en ± 73% van die Suid-Afrika se belasting?
As die blanke Afrikaner dan so rassisties is, hoekom maak blanke Afrikaners paaie ens. reg met hulle eie geld?
As die blanke Afrikaner dan so rassisties is, hoekom bestaan buurtwagte ens. (veiligheidsgroepe) uit ± 98% blanke lede?
As die blanke Afrikaner dan so rassisties is, hoekom word welsyn en maatskaplike fondsinsamelings ± 96% van die tyd gereël, bestuur en ondersteun deur blanke Afrikaners - al trek nie-blankes meeste van die tyd groter voordeel daaruit?
As die blanke Afrikaners dan so rassisties is, hoekom hits en ondersteun blanke Afrikaners ± 87% van die vaardighede bevordering programme en opvoeding aan?
As misdaad nie die doel dien om die blanke Afrikaner uit te wis nie, hoekom ondersteun die ANC nie die idee van streng misdaad voorkoming, streng misdaad bekamping en streng kriminele vervolging nie?
As die volksmoord op blanke Afrikaners net ʼn mal gedagte in ʼn “right wing” se kop is, hoekom ondersteun die ANC nie die idee van die weermag kommando stelsel en Suid-Afrikaanse Polisie reserwe mag nie?
As al die feite oor die volksmoord op blanke Afrikaners sommer klomp strooi is, hoekom maak die ANC nie seker dat die Suid-Afrikaanse Polisie van bo tot onder bekwaam en professioneel is nie?
As al die paniek onnodig is, hoekom het die ANC nie al teen die tyd (20 jaar) die bedrog, slegte dienslewering en korrupsie binne die Suid-Afrikaanse Polisie uitgewis nie?
As die volksmoord op blanke Afrikaners sommer klomp bog is, hoekom maak die ANC nie seker dat daar bekwame offisiere in offisiers posisies is nie?
As die volksmoord op blanke Afrikaners belaglik is, hoekom maak die ANC nie seker dat die Kommissaris van die Polisie bekwaam en doelgerig is om misdaad uit te wis nie?
As die volksmoord op blanke Afrikaners onwaar is, hoekom het die ANC nie al lankal die regstelsel van korrupsie en bedrog gered nie.
As die volksmoord op blanke Afrikaners sommer 'n toertjie is om 'n nuwe boek te bemark, hoekom het die Suid-Afrikaanse Polisie die misdaad voorkomings eenhede by elke polisiestasie gestaak, hoekom het die ANC die Skerpioene (Scorpions) ontbind en die Valke (Hawks) se hande vasgebind, hoekom laat die ANC en Suid-Afrikaanse Polisie toe dat Nigeriërs en Zimbabwiërs ons land opneuk, ens.
Daar bestaan geen offisiële misdaad kode ens. vir die wrede volksmoord aanvalle nie, met die doel om te verhoed dat grafieke, statistieke of patrone geskets kan word, en om te verseker dat geen navrae en/of kommer daaroor voortspruit nie.
Dit moet mooi verstaan word, dat enige regering wat so baie moeite, geld, tyd en deursig insit met propaganda, haatspraak, leuens, ens. om ʼn spesifieke rasse groep (blanke Afrikaners) te beswadder en te verneder in die binne en buiteland, die weiering om iets te doen aan misdaad sodat dit as 'n verskoning gebruik kan word vir die wrede volksmoord aanvalle, en dan hulle aksies ens. toe te smeer met onwaar statistieke en media berigte, dit 100% + kwalifiseer as ʼn wel beplande rasse haat oorlog en volksmoord (blanke Afrikaners).
In minder as ± 1.5% van die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners, was nie-blanke werkers enige leed aan gedoen of vermoor. Georganiseerde wrede volksmoord aanvalle is spesifiek gemik op blanke Afrikaners.
In September 1999, het die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) amnestie aan 3 oud-APLA lede gegee wat skuldig bevind is aan die moord van Mev. Sandra Swanepoel en die poging tot moord op haar man Mr. Johannes Swanepoel naby Tzaneen, in die Noordelike Provinsie. Vir bekommerde blanke Afrikaners, was die uitspraak in terme van die wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening 1995 (Promotion of National Unity and Reconciliation Act) met bewyse dat die wrede aanval politieke motiewe gehad het, ʼn goeie bewys dat soortgelyke wrede volksmoord aanvalle deel vorm van ʼn baie georganiseerde terreur komplot teen die blanke Afrikaner (volksmoord).
In minder as ± 7% van die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners, was enige eiendom as vermis aangemeld. Inteendeel, die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners word met die uitsluitlike doel gepleeg om blanke Afrikaners te slag, martel en uit te wis.
Die ANC met die hulp van die media publiseer minder as ± 1.5% van die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners. Die ANC lieg oor die ware feite van die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners, en publiseer onwaar statistieke om ʼn nasionale risiko te voorkom.
Die Suid-Afrikaanse Polisie help die ANC deur te weier om die ware feite, getalle, gebeure, ens. van die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners bekend te maak. Daar is duisende veiligheid en sekuriteit maatreëls wat die Suid-Afrikaanse Polisie nasionaal kan implementeer om die wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners te voorkom en te bekamp, maar daar is altyd duisende verskonings en dowe-ore wat gedraai word sodat dit aspris nie geïmplementeer word nie.
Wrede volksmoord aanvalle op blanke Afrikaners word nooit deur 1 of 2 aanvallers gepleeg nie, inteendeel, die wrede volksmoord aanvalle het beplande militêre presisie met niks minder as tussen 5 tot 15 aanvallers nie.
Die ANC se nuutste taktiek is om die nie-blanke jeug op te lei deermiddel van oud-APLA lede, in die vorm van die National Rural Youth Service Corps (NARYSEC), waar sowat 8000 nie-blanke ANC en SAKP (SACP) jeug liga lede opgelei word by miltare kampe, net soos die green bombers van Zimbabwe.
The National Rural Youth Service Corps (NARYSEC) was established in September 2010, NARYSEC's main goal is to recruit and develop rural youth; and to perform community service in their own communities.
Die Zimbabwe jeug (green bombers) is skuldig aan moord, marteling, wrede volksmoord aanvalle, intimidasie, aanvalle op besighede, oorvat van blanke grond, ens. Net soos Robert Mugabe die National Youth Service (NYS) gestig het om te help met sy “land grand”, net so het die ANC die National Rural Youth Service Corps (NARYSEC) onder leiding van die minister van plattelandse ontwikkeling (rural development) & land hervorming (land reform), gestig.
Trainees of the NYS program are commonly referred to as the "youth militia" (BBC 29 Feb. 2004), the "Zanu-PF militia", and the "Green Bombers" (because of their green uniforms). The youths have reportedly been used to "harass," "intimidate", torture, and kill (BBC 29 Feb. 2004) supporters of the political opposition, the Movement for Democratic Change (MDC). A 2004 BBC documentary on the NYS indicated that the youths have been taught to torture and kill in the program's training camps.
Hierdie jeug groep (sowat 8000 van hulle) sal opleiding kry by 2 militêre basisse naamlik Saldanha en Bloemfontein (De Brug). Die media en die ANC redeneer dat dit slegs die skep van werk geleenthede is, maar as dit is, hoekom word nie een van die talle werklose blanke Afrikaners, Kleurlinge of Indiërs nie ingesluit nie. Daar behoort duisende werklose blanke Afrikaners, Kleurlinge en Indiërs te wees wat graag 'n rol in gemeenskap veiligheid en sekuriteit sal wil speel vir n paar rand - tensy die gerigte waar is dat die groep (NARYSEC) gebruik gaan word soos die Zimbabwe green bombers.
ELKE VOLWASSE BLANKE BEHOORT NA HIERDIE UITTREKSEL TE KYK
Matteus 17:19
“Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem een daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in My Naam saam is, daar is Ek by hulle".
![]() Dankie vir jou stem! | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
---|---|---|
![]() Volksmoord | ![]() VolksmoordEn net so dan vir die ministers se wonings, vakansie huise, Nkandla, ens. dis ook geen “special areas in society” nie, maar dit word 24/7 bewaak. | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Haatspraak |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Barbare om die minste te se... |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Haatspraak |
![]() Haatspraak | ![]() Haatspraak | ![]() Haatspraak |
![]() Haatspraak | ![]() Haatspraak | ![]() VolksmoordAs misdaad nie die doel dien om die blanke Afrikaner uit te wis nie, hoekom ondersteun die ANC nie die idee van streng misdaad voorkoming, streng misdaad bekamping en streng kriminele vervolging nie? |
![]() Volksmoord | ![]() National Rural Youth CorpsDie ANC se nuutste taktiek is om die nie-blanke jeug op te lei deermiddel van oud-APLA lede, in die vorm van die National Rural Youth Service Corps (NARYSEC), waar sowat 8000 nie-blanke ANC en SAKP jeug liga lede opgelei word by miltare kampe, net soos die green bombers van Zimbabwe. | ![]() National Rural Youth CorpsDie ANC se nuutste taktiek is om die nie-blanke jeug op te lei deermiddel van oud-APLA lede, in die vorm van die National Rural Youth Service Corps (NARYSEC), waar sowat 8000 nie-blanke ANC en SAKP jeug liga lede opgelei word by miltare kampe, net soos die green bombers van Zimbabwe. |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Haatspraak | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Haatspraak | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Haatspraak | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord |
![]() Volksmoord | ![]() Volksmoord | ![]() Haatspraak |