top of page

 

VEILIGHEIDSWENKE

 

Wees waaksaam in jou omgewing en die mense om jou. As iets nie reg lyk of voel nie, bel die polisie en gee-pad

 

Wees altyd misdaad bewus. Wees waaksaam teen misdaad geleenthede ten alle tye - bv. as jy besig is om wasgoed op te hang/ die motorhuis skoon te maak, wees waaksaam en tref voorsorg maatreëls deur bv. jou pepersproei aan jou gordel te knip ens.

 

Sekuriteitsdeure en diefwering is uiters noodsaaklik. Stel jou eie lokvalle (bv. doringdraad versperrings ens.) om die huis / op die plaaswerf - beperk aanval roetes.

 

Maak jou huis gordyne toe snags om te verhoed dat aanvallers vasstel wat jou posisie is

 

Toets jou alarm stelsels (vroeë waarskuwing) ens. daagliks

 

Skakel jou voertuig se radio af wanneer jy ± 2km van die huis af is, sodat jy meer bewus en paraat kan wees.

 

Infrarooi beweging verklikkers, sensor straal beweging verklikkers, vislyn gespan met klokkies aan, ens. rondom die huis en op die plaaswerf wat geraas maak wanneer aanvallers betree, is ʼn vroeë waarskuwing dat iets besig is om te gebeur, sodat jy jouself en jou familie kan voorberei (die noodplan in werking stel), vir ʼn moontlike aanval.

 

Installeer buite ligte wat geaktiveer word deur beweging. Bring ligte op alle strategiese plekke aan om die hele plaaswerf te verlig (deur beweging). Dit moet egter nie dag en nag brand nie, want as die ligte bedags aan is, is dit 'n teken dat die boer nie tuis is nie.

 

Goeie waghonde buite die huis op die plaaswerf is noodsaaklik, asook klein hondjies in die huis, want hulle is gewoonlik baie wakker en maak betyds alarm. Wanneer 'n waghond skielik vrek, moet die boer ondersoek instel, want die dier is dalk vergiftig. Dit kan op 'n beplande aanval dui. Leer die waghonde se lyftaal ken. As hulle senuweeagtig is, kan dit daarop dui dat daar vreemdelinge naby is.

 

Wees waaksaam teen troeteldiere wat jou gewoonlik by die hek ens. ontmoet wat nie daar is nie. In so geval, gee-pad en kontak die polisie.

 

As jy bv. Sondae van die Kerk af kom, moenie dadelik in die huis in stap nie - die aanvallers kan dalk sit en wag vir jou. Loop eers om die huis en kyk vir verdagte tekens soos bv. gebreekte venters, beskadigde diefwering, beskadigde sekuriteitsdeure, voetspore in die tuin, verskuifde dakteëls, ens.

 

'n Vrou of kind moet nooit eerste by die huis ingaan nadat die gesin iewers heen was nie. Hulle moet op 'n veilige afstand van die huis wag totdat die man seker gemaak het alles is veilig. Let op vreemde reuke in die huis. Dit kan die gesin waarsku dat daar 'n aanvaller in die huis is of was. As die man oorval word, moet die gesin in geen omstandighede gaan help nie. Vlug eerder en ontbied hulp.

 

Dit is 'n goeie idee om 'n goedkoop alarm stelsel binne jou huis te installeer, wat jou per SMS kan verwittig van beweging binne die huis terwyl jy nie daar is nie - dit kan verhoed dat jy in 'n lokval instap.

 

Raak in die gewoonte om nie dadelik aan die slaap te raak na jy die ligte afgeskakel het nie

 

Hou 'n flitslig langs jou bed en op strategiese plekke. Maak seker dat die flitslig nie jou posisie weggee nie

 

Geen lid van die gesin -veral nie kinders nie -moet toegelaat word om die deur vir 'n vreemdeling oop te maak nie. Vreemdelinge wat plaaswerkers wil besoek, moet vooraf toestemming by die boer kry. Dit voorkom dat vreemde mense vryelik kom en gaan en dalk inligting vir 'n aanval insamel. Wees versigtig wanneer 'n vreemdeling kom werk soek of landbouprodukte wil koop.

 

Maak jou tuin skoon van bosse en ander wegkruip plekke

 

Wees altyd op die uitkyk vir vreemde voorwerpe of merke op of naby die plaas, wat deur voornemende aanvallers gebruik word om tekens vir mekaar te los. Voorbeelde hiervan is 'n klipstapel op 'n plaaspad, plastieksakkies naby die plaashek, merke aan bome, plekke waar vuur gemaak is en takke wat naby die ingang na die plaas afgekap is.

 

Neem foto’s van werknemers, en probeer hulle agtergrond nagaan d.m.v. Suid-Afrikaanse Polisie klaring

 

Let op vir vreemde gedrag onder die werkers, soos senuweeagtigheid of aggressie

 

Dit is belangrik dat boere by die gemeenskap betrokke raak. Skakel in by georganiseerde strukture, soos die gemeenskap polisiëring forum (CPF), polisiereserviste, plaaswagstelsel, burgerlike beskerming, ens.

 

Maak seker dat jou plaas se naam of huis nommer duidelik sigbaar is (reflektiewe verf). Dit is nie 'n slegte idee om jou plaas se naam of huis nommer op jou huis se dak te verf nie (reflektiewe verf), vir makliker opsporing deur die polisie of mediese helikopters.

 

Maak seker dat die plaaslike polisie weet waar jou plaas is - bv. vat gereeld mandjies peuselhappies plaaslike polisie stasie toe en bevriend jou met polisie lede. Maak seker hulle weet wie jy is en waar jy woon.

 

Moet nie soggens outomaties die deur oopmaak en uitstap nie, die aanvallers kan buite wag. Bewapen jouself, al is dit met ʼn mes, pepersproei of ʼn stuk yster, en stap behoedsaam na jou motor of hek terwyl jy oral om jou kyk.

 

Voor jy gaan slaap, programmeer die Suid-Afrikaanse Polisie (of sekuriteit maatskappy ens.) se nommer in jou selfoon of landlyn in, sodat in ʼn tyd van nood, jy net die bel (herhaling) knoppie hoef te druk.

 

Dit is 'n goeie idee om met die paniekknoppie om jou nek te gaan slaap, of dit op 'n plek langs die bed te sit waar dit gebruik kan word sonder dat die aanvallers dit sien. Maak seker dat na die paniekknoppie gedruk was, die sekuriteit maatskappy jou nie kontak en slapende honde wakker maak nie.

 

As jy bv. in die vroeë oggend ure hoor dat die buite kraan loop, dat die hoenders onrustig is, 'n klein hondjie in die tuin of op die plaaswerf gewaar, ens. moenie uitgaan nie. Bly binne en kontak die polisie - die aanvallers lok jou om buite te gaan, sodat hulle jou kan oorrompel om toegang te verkry.

 

Stel ʼn noodplan by die huis op (sluit asb. by die AWB aan om meer uit te vind oor die skep van ʼn plek van veiligheid binne jou huis en elke lid van die familie se rol in ʼn tyd van nood).

 

Stel jou bure voor aan die idee dat elke huis in die straat (of nog beter die buurt) goedkoop twee-rigting hand radios het om met mekaar te kommunikeer oor bv. verdagte persone en/of voertuie in die buurt, kriminele modus operandi, mekaar om hulp te roep, mekaar in te lig oor bv. klere beskrywings van verdagte persone, om bure te vra of hulle iets verdag gewaar het wanneer jy op pad is huis toe is, ens.

 

Sou daar verdagte persone en/of voertuie in die straat of buurt wees, laat al die bure weet en maak ʼn ophef van dit deur bv. foto’s ens. te neem van die voertuig en/of persone om hulle bewus te maak dat julle bewus is van hulle teenwoordigheid.

 

Stuur gereeld daai foto’s vir die plaaslike polisie stasie en sekuriteit maatskappye in die omgewing - hulle kan dalk daai gesigte en voertuie verbind met misdade.

 

Moenie reageer op ʼn “hulproep” van werkers in die nag nie - maak vooraf reëlings dat hulle jou kan bel in krisis tye, en dan kontak jy die nooddienste.

 

Moet nie enige vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag). Vreemde besoekers het vreemde planne. Kry hulp van buite en moenie uitgaan om te hoor wat gaande is nie.

 

Vertrou daardie “6de sintuig”, die “stemmetjie” wat waarsku...

 

Sorg vir 'n deeglike beligting buitenshuis - belig sodat van binne na buite gesien kan word, en nie van buite na binne. Wees versigtig vir skaduwees en blinde kolle waar aanvallers kan wegkruip.

 

As jy uitgaan, sluit alle toegangsroetes toe. Kom ooreen met bure oor jou planne. Plaas- en tuingereedskap met toegesluit word, en die sleutel buite bereik gehou word, en die kluis se sleutel moet aan jou liggaam geberg word.

 

Verander gereeld jou daaglikse roetine - ons word dopgehou. Skuif gereeld die meubels sodat die beddens ens. nooit op dieselfde plekke staan nie, en sorg dat vensters dig toemaak met gordyne saans.

 

As jou huissleutels vermis raak, vervang alle slotte. Moenie aan huiswerkers toegang tot jou sleutels en/of alarm kodes gee nie

 

n Spieël in jou motorhuis help jou om te sien of daar iemand agter jou motor vir jou wag. As jy na 'n stad reis, weet waarheen jy gaan.

 

Hou altyd noodnommers byderhand - op jou foon en by jou foon tuis. Ook in jou voertuig - in krisissituasies vergeet 'n mens maklik baie belangrike nommers.

 

Van die persone wat aan jou deur klop om hulp mag informante vir diewe wees of wil self vasstel of daar iemand tuis is. Wees versigtig oor inligting rondom jou bewegings en aan wie jy dit bekend maak. Indien moontlik, sorg dat iemand jou huis bewoon wanneer jy weg is en/of sorg dat jou alarmstelsel geaktiveer is. Let asseblief daarop dat hoe meer inwoners vir hierdie mense kos, geld of klere gee, hoe meer vrymoedigheid hulle neem om weer terug te keer. Die getal bedelaars (en diegene wat hulself voordoen as bedelaars) neem net toe. Moenie na stories luister nie. Indien moontlik installeer ʼn video deur klokkie, sodat die persoon jou nie kan sien nie.

 

Inwoners van plaashuise moet hul binnevertrek hul slaapkamer maak, al beteken dit matrasse eetkamer of sitkamer toe dra elke aand, as ʼn plaasaanval dreig. Moenie dat jou werkers hiervan weet nie! Vermy kamers met buitevensters. Maak seker alle vensters, deure en hekke is gesluit en alarms is aan (ook elektriese heining). Beveilig jou huis met versterkte binne-hekke en deure, veral waar jy slaap / skuil.

 

Moet geen brandstof binne bereik in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is. Koppel ʼn tuinslang aan ʼn binnekraan en hou brandblussers reg om vuur te kan blus in die huis. Dis vir as hulle jou huis aan die brand steek om jou uit te kry.

 

Koppel ʼn paar buiteligte aan ʼn 12-Volt trekker-battery vir noodgeval, sou die krag afgaan. Sorg dat jou alarm-battery deur die nag kan hou in noodgeval. Koppel ook ʼn baie harde sirene, asook 'n flitsende noodlig hieraan.

 

Maak seker dat jou selfoon se battery altyd vol gelaai is

 

Volwasse inwoners moet om die beurt slaap om wag te staan indien nodig. Moenie helder ligte binne die huis brand nie (onthou die koolkie van jou sigaret kan ook jou posisie weggee). Maak seker dat gordyne goed toegetrek is. Vervang die badkamerdeur met ʼn sterk staaldeur, koeëlvas met ordentlike skuifslotte binne -vir klein kinders en oumense om in te skuil indien nodig. Versterk ook die vensters en diefwering hier.

 

Bel jou bure en plaaswag as jy iets vreemds gewaar, al is dit net oor ʼn deurloper of vee wat bondel of honde wat onrustig is. Vergewis jou met jou bure se bewegings en verwittig hulle van jou doen en late. Jou beste hulp bly reg langs jou (twee-rigting radios is eintlik absoluut noodsaaklik!).

 

Indien jy ʼn noodoproep van jou buurman sou ontvang, maak seker jy beweeg uit met veiligheid - jy kan ingewag word! Laat weet ook dadelik ander bure of plaaswag en polisie.

 

Slaap met jou vuurwapen byderhand. Maak seker jy is nog vertroud met jou vuurwapens en het genoeg magasyne en ammunisie. Doen gereeld ʼn skietoefening .. laat die hele gesin met alle vuurwapens skiet. Leer die kinders vooraf van ʼn noodsituasie en beplan strategie .. elkeen moet presies weet wat van hom verwag word .. wie bel vir wie .. wie praat op die radio en wie skiet waar? Oefen dit gereeld in en kyk waar julle kan verbeter... Morne skop nie sommer toevallig goed pale toe nie .. hy OEFEN sy skoppe.

 

'n Metode waarmee aanvallers inligting bekom, is om voor te gee hulle soek werk. Al het ʼn boer ʼn werker dringend nodig, moet hy eers die aansoeker se agtergrond deeglik ondersoek. Vra sy naam en identiteitsboekie. As hy nie ʼn identiteitsdokument het nie, moet die boer hom onder geen omstandighede werk gee nie. Vind uit waar hy voorheen gewerk het en doen navraag by daardie werkgewer. As dit klink of hy vae inligting verskaf, of dit klop nie met die inligting wat die boer self inwin nie, moet hy die polisie ontbied en sy waaksaamheid verskerp.

 

Voornemende aanvallers kom soms op ʼn plaas aan onder die voorwendsel dat hulle landbouprodukte of werktuie wil koop. Só bekom hulle waardevolle inligting oor die standaard van veiligheid op die plaas. Om dít te voorkom, moet die boer die hekke om die plaaswerf gesluit hou (wat nie altyd prakties is nie) of‘ ʼn kennisgewing by die ingang aanbring wat besoekers inlig dat die werf verbode terrein is. Die boer moet oplettend wees as vreemdes opdaag. As sulke mense hom nader, moet hy altyd sy waaksaamheid verskerp.

 

Mense wat ʼn aanval beplan, is onder andere senuweeagtig en lyk skuldig. Moontlike tekens van senuweeagtigheid is vinnige spraak, uitermatige sweet, aggressiewe handbewegings, oë wat vinnig rondkyk en vlak asemhaling.

 

Vroue en veral bejaardes word as maklike en sagte teikens gesien en is dus meer kwesbaar vir kriminele. Hulle moet meer versigtig wees wanneer hulle alleen rondbeweeg.

 

Infrarooi beweging verklikkers (PIR), sensor beweging verklikkers, vislyn gespan met klokkies aan, dun koperdraad gespan wat gekonnekteer is aan die alarm stelsel, ens. tussen die plafon en dakteëls wat geraas maak wanneer aanvallers betree, is 'n vroeë waarskuwing dat iets besig is om te gebeur sodat jy jouself en jou familie kan voorberei (die noodplan in werking stel), vir ʼn moontlike aanval.

 

Hou asseblief die webtuiste dop vir meer inligting oor al die fasette ens. van die AWB Wenkommando Oos-Rand streek.

© 2015 Afrikaner Weerstands Beweging Oos-Rand Streek

bottom of page