top of page

 

OPLEIDING

 

Opleiding en voorbereiding speel ʼn baie noodsaaklike en belangrike rol om die huidige volksmoord op blanke Afrikaners te oorleef, en selfs te voorkom. Elke lid van die familie, dit sluit ouma, oupa, ma, pa, boetie en sussie in, moet paraat en voorbereid wees en weet wat sy of haar rol is in ʼn tyd van nood (bv. boetie moet die Suid-Afrikaanse polisie en sekuriteit kontak...) en wat om te doen (bv. ma moet weet hoe pa se vuurwapen werk sodat as pa beseer raak, ma sal weet hoe om die vuurwapen wettiglik te kan gebruik vir self verdediging ens.) om die kans op oorlewing tydens ʼn aanval, meer in julle guns te draai.

 

Elke lid van die familie moet sy of haar deel doen in voorkoming en bekamping, deur bv. om seker te maak deure en veiligheidshekke is gesluit (selfs al is dit die stoute tweeling se verjaarsdagpartytjie), dat alarm stelsels ens. werk en onderhou word (vroeë waarskuwing), waaksaam te wees teen 'n aanval, bewus te wees van die situasie in Suid-Afrika en die buurt waarin julle woon, wanneer julle die erf inry moet boetie en sussie uitkyk vir aanvallers en verdagte tekens bv. gebreekte vensters ens., die tuin en werf daagliks te ondersoek vir verdagte tekens soos voetspore, ens.

 

Ten spyte van die 'bog' stories dat die AWB lede oplei om oorlog te voer en/of hoogverraad te pleeg, is geen van die opleiding wat die AWB aan enige lid bied gebaseer op geweld ens. nie, dit is slegs vir selfverdediging en paraatheid (voorbereiding) teen 'n volksmoord aanval.

 

Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek bied gereelde opleiding aan in self verdediging, die hantering van vuurwapens (wettiglike vuurwapens natuurlik), ongewapende bestryding (unarmed combat), hand tot hand bestryding (hand-to-hand combat), die opstel van ʼn noodplan, paraatheid (week 1 tot 52 gereedmaak plan), huis ontruiming, noodhulp, brand bestryding en voorkoming, ens.

 

Morne skop nie sommer toevallig goed pale toe nie ... hy OEFEN sy skoppe

 

Kontak ons asseblief so spoedig moontlik om aan te sluit by die AWB sodat jy en jou familie kan baat vind by die opleiding en voorbereiding.

 

Hou asseblief die webtuiste dop vir meer inligting oor al die fasette ens. van die AWB Wenkommando Oos-Rand streek.

© 2015 Afrikaner Weerstands Beweging Oos-Rand Streek

bottom of page