
Afrikaner Weerstands Beweging (AWB)
Wenkommando Oos-Rand Streek
Staan op! Staan saam!

GEDRAGSKODE
Die AWB se gedrags-en etiek-kode is tans besig om hersien te word deur die Kommandant Generaal en Generaal Cilliers, en sal bekend gemaak word sodra dit voltooi is.
Kategorieë van wangedrag:
- Optrede wat ander se veiligheid bedreig of in gedrang bring;
- Optrede wat ander se regte skend;
- Die dreigement of gebruik van gevaarlike wapens, vuurwapens, ammunisie en/of plofstof;
- Die besit, gebruik of verhandeling van onwettige wapens, vuurwapens, ammunisie en/of plofstof;
- Die besit, gebruik of verhandeling van dwelms (van enige aard) in uniform;
- Die besit, gebruik of verhandeling van drank (van enige aard) in uniform;
- Bakleiery, aanranding of mishandeling;
- Knoeiery;
- Geweld promoveer of profiteer;
- Die pers verskaf van enige inligting (persverklaring) sonder toestemming;
- Onsedelike gedrag of ʼn gevloek;
- Die aanneem of voorhou van ʼn vals identiteit;
- Enige vorm van haatspraak, seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag;
- Diefstal, die besit of verhandeling in gesteelde goedere;
- Naamskending;
- Vandalisme en die vernietiging of beskadiging van eiendom wat die aanbring van enige graffiti insluit;
- Oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen enige iemand;
- Oortreding van die AWB se respek, etiek en gedragskode;
- Strafregtelike oortredings;
- Viktimisasie, afknouery en intimidasie;
- Die gebruik van die AWB se naam, simboliek, uniform, ens. om finansieel te baat;
- Opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting;
- Verbreking van enige lands wette (siviel of krimineel);
- Opsetlike en bewuste vervalsing van dokumente; en
- Skildagmaak en/of deelneem aan misdaad of publieke geweld (enige form en/of soort)
Aanmelding en hantering van die wangedrag:
Indien daar beweer word dat ʼn lid hom of haar aan enige wangedrag skuldig gemaak het of indien daar op redelike gronde vermoed word dat ʼn lid sodanige wangedrag gepleeg het, moet die aangeleentheid sonder versuim aan die Streeksbevelvoerder gerapporteer word.
Die Streeksbevelvoerder sal onverwyld die bewerings of vermoede van sodanige wangedrag ondersoek, of laat ondersoek deur ʼn bevoegde persoon as Ondersoekbeampte aan te wys.
Die Streeksbevelvoerder of aangewese Ondersoekbeampte sal vasstel wanneer, waar en onder watter omstandighede die beweerde wangedrag plaasgevind het. Die Streeksbevelvoerder of aangewese Ondersoekbeampte sal die nodige bewyse (wat verklarings van getuies insluit) bekom om vas te stel of daar gronde vir ʼn klag van wangedrag teen die betrokke lid is.
Indien die voorlopige ondersoek nie deur die Streeksbevelvoerder self behartig is nie, moet die aangewese Ondersoekbeampte, na afhandeling van die voorlopige ondersoek, die nodige getuienis wat bekom is aan die Streeksbevelvoerder oorhandig. Die Streeksbevelvoerder sal die voorlopige getuienis evalueer en indien die getuienis genoegsame grond bevat met die oog op ʼn klag van enige tipe wangedrag, sal die Streeksbevelvoerder die saak verwys na die Dissiplinêre Komitee, vir doeleindes van ʼn dissiplinêre verhoor.
Die Dissiplinêre Komitee moet uiteindelik, op ʼn oorwig van waarskynlikhede, beslis of die lid hom of haar aan wangedrag, soos aangekla, skuldig gemaak het.
Prosedure met die dissiplinêre verhoor:
Die Streeksbevelvoerder of Ondersoekbeampte stel ʼn klagstaat op, en die lid ontvang skriftelike kennis van die klag en die plek, datum en tyd van die verhoor. Hierdie reëlings sal in oorleg met die Dissiplinêre Komitee getref word.
Die kennisgewing sal al die nodige inligting bevat oor die datum, plek en aard van die beweerde oortreding. Minstens vyf (5) werksdae sal tussen die oorhandiging van die kennisgewing en die verhoor verloop.
Die Streeksbevelvoerder sal die Dissiplinêre Komitee aanstel, waarvan die Voorsitter ʼn lid van hoofkantoor of menslike-hulpbronne sal wees. Die Dissiplinêre Komitee sal die bevoegdheid hê om die dissiplinêre verhoor namens die Streeksbevelvoerder te behartig en af te handel, so volledig asof dit deur die Hoofkantoor self gedoen is, en sal geregtig wees om alles te doen wat die Hoofkantoor kragtens toepaslike wetgewing mag doen, wat insluit die en die aanbeveling van uitsetting by die Streeksbevelvoerder.
Die lid het die reg om ʼn ander lid aan te stel om hom of haar te verdedig. Die aansoek moet minstens twee (2) werksdae voor die aanvang van die verhoor aan die Voorsitter van die Dissiplinêre Komitee gerig word. Geen ander persone behalwe bogenoemde mag die verhoor namens die beskuldigde lid of lede bywoon nie.
Die lid kan die dissiplinêre prosedure verkort deur ʼn pleit-en-vonnis-ooreenkoms met die Voorsittende Beampte te sluit. Indien die lid of lede ondanks behoorlike kennisgewing ens. nie aan die verhoor wil deelneem of tydens die verhoor afwesig is, sal die verhoor ongeag voortgaan.
Die verhoor sal billik en regverdig wees, en sal volgens die voorskrifte van die toepaslike wetgewing geskied
Die aanklaer sal die geleentheid gegun word om sy of haar saak te stel
Die beskuldigde sal die geleentheid gegun word om sy of haar saak te stel
Die aanklaer sal die geleentheid gegun word om vrae aan getuies stel, kan getuies roep, en kan dokumente wat op die saak betrekking het, ondersoek of voorlê.
Die beskuldigde sal die geleentheid gegun word om vrae aan getuies stel, kan getuies roep, en kan dokumente wat op die saak betrekking het, ondersoek of voorlê.
Die lede van die Dissiplinêre Komitee sal self ook geregtig wees om getuies te roep, bykomende getuies of getuienis aan te vra, vrae aan getuies te stel, of enige aspek verder te ondersoek of te laat ondersoek wat billikheid en regverdigheid kan bevorder.
Nadat die getuienis aangehoor is, sal die Dissiplinêre Komitee ʼn besluit neem oor die lid se skuld of onskuld. Vir doeleindes hiervan, of vir doeleindes van ʼn beslissing oor enige geskil wat gedurende die verrigtinge ontstaan het, sal die geregtig wees om vir ʼn redelike tydperk te verdaag ten einde sy beslissing te oorweeg. Sodanige oorweging sal agter geslote deure geskied en mag slegs deur lede van die Dissiplinêre Komitee bygewoon word.
Indien die lid skuldig bevind word, sal die lid en die aanklaer nog ʼn geleentheid ontvang om getuienis aan te bied en/of vertoë te rig oor versagtende en verswarende omstandighede wat die Dissiplinêre Komitee in ag sal neem ten einde ʼn gepaste straf op te lê. Ten einde ʼn gepaste straf te oorweeg, sal die Dissiplinêre Komitee geregtig wees om weer vir ʼn redelike tydperk te verdaag. Sodanige oorweging sal ook agter geslote deure geskied en mag slegs deur lede van die Dissiplinêre Komitee bygewoon word.
In geval van ʼn skuldigbevinding en skuldrekening moet die beslissing van die Dissiplinêre Komitee, wat die opgelegde sanksie insluit, hoogstens binne vyf (5) werksdae skriftelik aan die lid en die aanklaer oorgedra word.
Ondanks enige skuldigbevinding en strafmaatreël wat deur die Dissiplinêre Komitee opgelê word, kan enige belanghebbende enige oortreding van die gedragskode wat op ʼn strafregtelike oortreding kan neerkom, vir ondersoek na die Suid-Afrikaanse Polisie verwys word.
Elke lid van die AWB verbind hom of haar tot die volgende:
- Die uitbou van die blanke Afrikaanse taal;
- Die uitbou van die blanke Afrikaanse kultuur;
- Die uitbou van die blanke Afrikaner se regte en vryhede;
- Geloofwaardigheid;
- Etiese en lojale optrede;
- Etniese en lojale gedrag;
- Die uitbou van ʼn Christelik-Bybelse grondslag;
- Om die demografie van die blanke Afrikaanssprekende gemeenskap te verteenwoordig;
- Professionele gedrag en etiese standaarde;
- Bedryf alle AWB aktiwiteite volgens gesonde sakebeginsels en ʼn Christelik-Bybelse grondslag;
- Respekteer die menswaardigheid van medelede en die publiek;
- Realistiese sosiale, politieke en ekonomiese geregtigheid;
- Die strewe daarna om die welsyn en vooruitgang van die blanke Afrikaner bevolking te bevorder;
- Eerlike en etiese gedrag, insluitende etiese hantering van konflikte;
- Om botsing van belange te vermy;
- Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid;
- Die strewe om aan alle relevante wetlike en regulatoriese vereistes te voldoen as ʼn minimum standaard;
- Verseker dat die verskaffing van inligting akkuraat en gebalanseerd is, geen wanvoorstellings bevat nie en nie misleidend is nie;
- Die strewe om eerlik, openlik, vriendelik, deursigtig en behulpsaam op te tree in alle situasies;
- Mekaar te ondersteun, te help en om individue te respekteer;
- Om verantwoordelikheid te aanvaar vir foute en oplossings daarvoor te bied; en
- Om die beweging (AWB) se Christelike-Bybelse gedragskode te eer en te volg
Lede word gemaan om te verseker dat slegs voorgeskrewe uniform en simboliek gedra en gebruik mag word vir eenvormigheid. Die AWB Oos-Rand Streek is besig met onderhandelinge vir mans en vroue T-hemde, sodat lede sonder die voorgeskrewe uniform eenvormigheid kan behou.