
Afrikaner Weerstands Beweging (AWB)
Wenkommando Oos-Rand Streek
Staan op! Staan saam!

REPUBLIEKDAG
31 Mei was altyd die viering van Republiekdag in Suid-Afrika, maar is nou vergete. Dit was vieringe waarop met trots teruggekyk is na wat vermag is in die toe nog eerste wêreldse ontwikkelende land. Strate was getooi in prag en die dag is gevier met vlaggies wat gewapper het in die hande van toeskouers by parades in die hoofstrate.
Uniewording in 1910 is vervang met die ontstaan van 'n Republiek in 1961. Die oorname van die regering deur die ANC het egter die dag verlore laat raak, aangesien die nie-blanke bevolking dit nie as deel van hul geskiedenis beskou nie.
Die land se geskiedenis kan egter nooit uitgewis word nie. Weens die onveilige toestand (volksmoord) van die huidige Suid-Afrika en die openlike verset (swart bemagtiging) teen die blanke bevolking van Suid-Afrika, is geordende feesvieringe van die aard vir altyd verlore.
31 Mei is 'n belangrike baken in die geskiedenis van ons blanke volk. Baie van ons onthou dit bloot as Republiekdag, maar 31 Mei was en is veel meer as dit.
Republiek wording:
Op 31 Mei 1902 is die Vrede van Vereeniging gesluit. Dit het 'n einde aan die driejarige stryd tussen Groot Brittanje en die twee Boererepublieke die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje Vrystaat gebring. Dit was 'n bitter dag vir diegene wat die ongelyke stryd te velde deurgemaak het en vir hulle wat die hel van die konsentrasiekampe oorleef het.
In hierdie konsentrasiekampe (vroue en kinders was gevange geneem om dit onmoontlik te maak vir die blanke Afrikaner om verder te veg), is ± 26251 blanke Afrikaner vroue en kinders dood (volksmoord). Daarbenewens het die oorlog die lewens van ± 7865 blanke Afrikaner burgers geëis. Die implikasies wat dit vir die blanke Afrikaner se getalsverhouding ten opsigte van ander volke gehad het, spreek vanself. Daarbenewens het die Engelse se Verskroeide Aardebeleid (blanke plase en vee was verbrand om dit onmoontlik te maak vir blanke Afrikaner om verder te veg), so 'n verarmende effek op ons volk gehad, dat hierdie ekonomiese agterstand dekades geneem het om in te haal.
Die volgende gebeurtenis wat homself op 31 Mei voltrek het, was die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910. Die twee gewese Boererepublieke is eers in die Vrede van Vereeniging onder kroonkolonie-bestuur geplaas en later is selfregering aan hulle toegeken.
Op 31 Mei 1910 het die Unie van Suid-Afrika tot stand gekom. Daarmee is die droom van die Britse imperialiste verwesenlik vir die Britte, naamlik 'n Suider-Afrika onder Britse beheer.
Die Boerevolk is in 'n unie ingedwing waarin - deur Milner bepaal - die blanke Engelstaliges die politieke septer sou swaai.
Aangesien die blanke Afrikaner die meerderheid onder die blankes was, was hy egter spoedig in 'n posisie waar hy verantwoordelikheid moes neem vir miljoene nie-blankes binne die grense van die Unie, omdat die nie-blanke geen boot of skeep kon bou wat seevaardig is nie, geen stede kon bou nie, geen riool sisteem kon ontwerp nie, geen woning uit steen kon bou nie, geen myne tot stand kon bring nie, geen standbeelde kon oprig nie, ens.
Blanke Afrikanerleiers soos Genl. Hertzog, Dr. Malan en andere, se pogings om die nie-blanke volke se geografiese tuistes wat deur Britse imperialisme versnipper is, deur wetgewing te bestendig, is telkens deur Engelse sakebelange (mineraal regte - dis al wat die buiteland in belangstel) in die wiele gery.
In 1934 smelt die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party saam om die Verenigde Party te vorm, wat versoening tussen blanke Afrikaners en Engelssprekende blankes nagestreef het. Dit skeur egter in 1939 oor die Unie se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog as 'n bondgenoot van die Verenigde Koninkryk. Die Nasionale Party het met Duitsland gesimpatiseer omdat baie blanke Afrikaners dit nie goed gedink het om die Kakies te ondersteun na wat hulle als aan die blanke Afrikaner volk gedoen het nie.
In 1948 klop die Nasionale Party die Verenigde Party van Genl. Jan Smuts in die algemene verkiesing, en D.F. Malan en Adv. J.G. Strijdom word verkies as premiers.
In 1958 word Dr. H.F Verwoerd die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika. Volgens hom kan aparte vryhede vir die verskillende etniese groepe in hulle eie gebiede, asook ontwikkeling volgens elkeen se spesifieke behoeftes, uiteindelik oorheersing van een groep oor ʼn ander uitskakel.
Die beleid van afsonderlike ontwikkelinghet gefokus op die konsep dat ʼn blanke nasie in sy historiese gebied vreedsaam langs ander nasies in hul voorvaderlike gebiede kan bly voortbestaan. Terselfdertyd was ontwikkeling van die etniese tuislande hoog op prys gestel.
Instromingsbeheer en die ontsaglike kostes wat gepaard gegaan het met Dr. Verwoerd se beplande ontwikkeling van nie-blanke onderwys en die daarstelling van infrastruktuur in die tuislande het wel weerstand van baie blanke belastingbetalers bewerkstellig.
Terselfdertyd het die nie-blanke bevolking gegroei van 8 miljoen in 1948 tot 14 miljoen teen die middel jare sestig, en het die instroming na die blanke gebiede spoedig voortgeduur.
Die doel van afsonderlike ontwikkeling was deur Dr. Verwoerd op morele gronde geregverdig en was stadig maar seker deur die wêreld beskou as nie net ’n oplossing vir Suid-Afrika nie maar ook vir die voortdurende konflik tussen Israel en die Palestyne.
Dr. Verwoerd se toepassing van afsonderlike ontwikkeling het vir jare aan een gesorg dat daar in die vier nuwe onafhanklike bantoe state ’n skool per dag gebou was. Nietemin het die druk van die Kommuniste, die wêreld geldmag en die oorgrote meerderheid van derdewêreld state gesorg dat die internasionale gemeenskap nie die soewereine onafhanklikheid van die bantoe state aanvaar het nie.
Desnieteenstaande het Dr. Verwoerd aan die helm van sy regering meedoënloos volgehou dat dit in beide die blanke sowel die nie-blanke bevolking se beste belange was om hul eie onafhanklike state te hê.
Sy argument was gebaseer op die reine logika dat sodra die nodige ekonomiese realiteite en infrastruktuur in die nie-blanke bantoe state geskep word deur die Suid-Afrikaanse blanke belastingbetaler dan sal die nie-blanke bevolking nie genoodsaak wees om in die blankes se historiese gebiede te bly en sodoende arbeid hoef te verrig vir oorlewing nie. Die konsep was dus gebaseer op die prinsiep dat elke nasie op die ou end sy eie arbeid verrig in sy eie onafhanklike staat en as sodanig goeie bure wees, eerder as aartsvyande binne ’n eenheidstaat waar een groep altyd die ander gaan onderdruk.
...natuurlik kan julle sonder twyfel raai dat die nie-blankes nie in guns was van afsonderlike ontwikkeling nie. die nie-blankes verwag dat die blankes na hulle moet omsien (bv. aan hulle werk verskaf met ondenkbare hoë salarisse, vir hulle huise en karre gee, vir elke nie-blanke vrou se ± 6 tot 10 kinders sorg, alles in hulle tale vergemaklik want hulle was te sleg om Afrikaans te leer praat, ens.), en kon nie wag om tussen die blankes te meng en met ons te paar nie...
In 1960 het Dr. Verwoerd ʼn referendum uitgeroep oor die vraag of Suid-Afrika ʼnrepubliek moet word. Uiteindelik draai ʼn verstommende 90,5% van alle stemgeregtigde kiesers by die stembus. 850458 stem ten gunste van die republiek teenoor die 775878 daarteen - ʼn meerderheid van net 74580 vir die republikeine, oftewel 4,6%. Natal was die enigste provinsie waar die meeste kiesers teen republiekwording gekant was.
Op 3 Maart 1961 vertrek Dr. Verwoerd en Mnr. Eric Louw (Minister van Buitelandse Sake) met enkele amptenare na Londen waar 'n konferensie van regeringshoofde van die Statebondslande sake van gemeenskaplike aard sou bespreek, met inbegrip van Suid-Afrika se versoek om na Republiekwording lid van die Statebond te bly.
Die Britse Eerste Minister Harold Macmillan, tradisioneel die voorsitter van die konferensie, het swak vertoon en kragteloos toegelaat dat Suid-Afrika se binnelandse beleid aangeval word. Drie dae se indringende bespreking het duidelik laat blyk dat Suid-Afrika sy binnelandse selfbeskikkingsreg - 'n grondreël van die internasionale reg en deur die Statuut van Westminster in 1931 as reël vir die Statebond aanvaar - oor sy beleid sou moes prysgee om aan die eise van die ander lidlande te kan voldoen. Daartoe was die land nie bereid nie. Nadat Dr. Verwoerd bereidheid tot verdere gesprekvoering getoon het, het veral Kanada en Indië dit as 'n teken van swakheid beskou en met verdere eise gekom. Indië se dreigement om die Statebond te verlaat as Suid-Afrika nie sy binnelandse beleid van afsonderlike ontwikkeling prysgee nie, het eindelik aan Suid-Afrika die geleentheid gebied om sy ongeskonde onafhanklikheid bo lidmaatskap van die Statebond te verkies.
Dit was immers duidelik dat, sou Indië onttrek en Suid-Afrika aanbly, dit hierdie land se posisie in die Statebond onhoudbaar sou maak, gesien die uiterste vyandigheid van Kanada en die verknogtheid van lande soos Australië en Nieu-Seeland aan Brittanje.
Op 16 Maart 1961 herroep Dr. Verwoerd Suid-Afrika se versoek om lid van die Statebond te bly. Hierdie optrede het nie net in Suid-Afrika groot byval gevind nie. Dit het wêreldwyd, selfs in Brittanje en ander Statebondslande soos Australië ens. groot agting vir Suid-Afrika en die staatsmanskap van Dr. Verwoerd en sy regering gebring. Uit die aard van die saak het hierdie stap verseker dat Suid-Afrika selfs van die laaste tekens van onderhorigheid aan Brittanje bevry sal word. Dit was vir honderde duisende blanke Afrikaners pragtige nuus. Maar ook talle Engelssprekendes het hulle dit laat welgeval, veral in die lig van Brittanje se swak optrede en onvermoë om die grondslag van sy selfbedagte Statebond te verdedig dat alle lede daarvan volledig en gelykelik selfstandig is en dat geen inmenging in hulle huishoudelike sake mag plaasvind nie.
Ten spyte van groot bitterheid by sekere leiers van die Suid-Afrikaanse Engelse bly dit 'n mens nogtans by dat onder die breë bevolking - met inbegrip van die oorgrote meerderheid nie-blankes en kleurlinge - daar rustigheid geheers het en vertroue in die wyse waarop die Verwoerdregering opgetree het. Dr. Verwoerd het in 'n radioboodskap uit Londen die aand van 16 Maart self daarna verwys. Dit was 'n sigbare vrug van die volksbeslissing die vorige jaar dat Suid-Afrika 'n Republiek moes word, wat 'n skeidende meningsverskil tussen Afrikaner en Engelsman verwyder het.
Daar was 'n gemeenskaplike trots dat ons nie voor die vyand, voor die wêreld geswig het nie. Die heldeontvangs van 'n reuseskare van meer as 40, 000 wat Dr. Verwoerd en sy geselskap op 20 Maart 1961 op Jan Smuts-lughawe ingewag het, is ryke getuienis hiervan.
Die pad na 31 Mei 1961 het oop gelê...
Uiteindelik breek 30 Mei 1961 aan, koud en bewolk en teen die seisoen in reënagtig, by tye selfs sterk. Die strate rondom die Kerkplein is gewas. Voorwaar is daar op 'n groot feestelikheid voorberei.
Kerkplein was pragtig versier met lang Oranje-Blanje-Blou-baniere teen al die geboue. Daar sou 'n volk na 59 jaar uiteindelik weer sy Staatspresident sien verskyn. Daarvandaan sou Staatspresident C.R Swart sy volk toespreek terwyl hy op die ou raadsaal uitkyk, die raadsaal waarvandaan sy voorganger Staatspresident S.J.P Kruger die volk in 1898 toegespreek het. Pretoria en trouens die hele land was rustig en stil. Van die heersende beperkte noodtoestand was niks te merk nie. 'N ganse volk het ordelik gaan slaap in afwagting van die vryheidson wat die volgende oggend oor hulle sou opkom.
Die dag breek aan, die dag waarop die blanke Afrikaner so lank gewag het, soveel voor gebid het. Koud en bewolk met 'n druilreën.
Dan hou die reën skielik op. En drie minute voor elf, net voordat die geselskap op die balkon verskyn, breek die son vir enkele minute deur... Dit was aangrypend, die son wat deurbreek oor die Republiek van Suid-Afrika!
Die erewag van hoë offisiere verskyn, dan die Eerste Minister, daarna die ander hooggeplaastes, die eerste aide de camps van die Staatpresident. En presies om elfuur verskyn Sy Hoogedele C.R Swart, Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika! Die vrye blanke Afrikanervolk bepaal sy eie protokol en optrede...
Wanneer die Nasionale Saluut aangekondig word, is daar stilte. Dan kom die Eerste Minister aan die woord: "Meneer die Staatspresident..."
Wat die Staatspresident daardie dag gesê het, sal wel êrens opgeteken wees. Belangrik is dat die Staatspresident van die ganse Republiek van Suid-Afrika in residensie was as teken dat die blanke Afrikanervolk met al sy medeburgers vry is. Die laaste teken van staatkundige oorheersing deur 'n ander land is weggeneem. Dit was waarmee 'n gelukkige en dankbare volk omstreeks eenuur die middag van 31 Mei 1961 van Kerkplein Pretoria afskeid geneem het.
En in die Republiek van Suid-Afrika - 'n verenigde onafhanklike Republiek van waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal - kon die skare, verteenwoordigend van die blanke Afrikanervolk, van die ou Volksliedere na Die Stem van Suid-Afrika en met oortuiging die vierde strofe uitjubel:
Op U almag vas vertrouend het ons vadere gebou.
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te bou,
dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly -
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry!
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, O Heer!
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees - God regeer!
Ons vir jou Suid-Afrika

