top of page

 

VOLKSHULPSKEMA

 

In die middel-1980s, het die AWB ʼn voedingskema tot stand gebring, later genoem die Volkshulpskema, om die minder bevoorregte en werklose blanke Afrikaners in Suid-Afrika te help. Die skema het daagliks etes ens. aan ± 14, 000 minder bevoorregte en werklose blanke Afrikaners gelewer. Baie blanke Afrikaner boere het groente en vrugte aan die skema op ʼn weeklikse basis geskenk, en in die laaste drie maande van 1986 was sowat 300 ton alleen deur blanke Afrikaner boere geskenk (God het voorsien).

 

In die winter was beddegoed en warm klere ens. ook geskenk en ingesamel. Simpatieke blanke Afrikaner myn werkers en boere het werk vir van die werklose blanke Afrikaners gereël op plase en in myne. Op 3 Maart 1987 het Bles Bridges (Rus In Vrede) in Pretoria 'n konsert gehou, en sowat ± R10, 000.00 aan die skema en ander projekte geskenk.

 

Sedert die laat 1980’s, het die Volkshulpskema in duie gestort, en duisende minder bevoorregte en werklose blanke Afrikaner families in Suid-Afrika sukkel om daagliks iets in hulle mae te kry, wat nog te se van skoolfonds en mediese versorging.

 

Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek wil graag die Volkshulpskema weer tot stand bring, en beoog om so ook ander AWB streke en organisasies aan te steek om 'n volkshulpskema in hulle onderskeie gebiede te stig, en die skema tot groot hoogtes te laat groei.

 

 

Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek volkshulpskema komitee onder leiding van (Vroue) Hoof-Kommandant Cilliers (kontak ons), vra vir julle hulp met die borg, insamel en bekom van die volgende:

 

1. Bybels:

 

Dit is net soveel makliker om die woord van God te hoor op ʼn vol maag

 

2. Kos (onthou baba en hondekos, kookolie, ens.):

 

Nie-bederfbare kos is 'n beter opsie, maar enige kos is welkom!

 

3. Klere (onthou baba doeke, ens.)

 

4. Komberse

 

5. Ou skool boeke en klere:

 

Onderwysers en opvoedkundiges in die beweging (AWB) gaan om hulp gevra word met onderwys en/of die onderhandelinge met skole vir opvoeding.

 

6. Vrugte en groente sade ens.:

 

Boere en landboukundiges in die beweging (AWB) gaan om hulp gevra word vir die opvoeding ens. oor die plant en versorging van groente en vrugte tuine. Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek beplan om minder bevoorregte en werklose blanke Afrikaners nie net kos en klere te gee nie, maar hulle ook help om werk te kry (projekte en aksies) en tot selfbeskikking te kom, deur hulle op te lei en te help om groente en vrugte tuine te plant om van te lewe, en ook van te verkoop.

 

Gee iemand ʼn vis en hy of sy eet vir eendag - leer hom of haar om te vis en hulle eet vir ewig...

 

7. Ou tuin gereedskap (bv. grawe, luislange, gieters, ens.):

 

Boere en landboukundiges in die beweging (AWB) gaan om hulp gevra word vir die opvoeding oor die plant en versorging van groente en vrugte tuine. Die AWB Wenkommando Oos-Rand tak beplan om minder bevoorregte en werklose blanke Afrikaners nie net kos en klere te gee nie, maar hulle ook help om werk te kry (projekte en aksies) en tot selfbeskikking te kom, deur hulle op te lei en te help om groente en vrugte tuine ens. te plant om van te lewe, en ook van te verkoop.

 

Gee iemand ʼn vis en hy of sy eet vir eendag - leer hom of haar om te vis en hulle eet vir ewig...

 

8. Eetgerei (bv. borde, messe, panne, kookolie, ens.)

 

9. Mediese toerusting (bv. verbande, pleisters, salf, ens.):

 

Dokters en medies opgeleide personeel in die beweging (AWB) gaan om hulp gevra word met mediese versorging en/of onderhandelinge met hospitale ens. vir behandeling.

 

Die volkshulpskema komitee sal seker maak dat daar op elke vergadering, werwing, opleiding, ens. bokse opgerig word vir die insameling van Bybels, kos, klere, ens.

 

Volkshulpskema komitee:

(Vroue) Hoof-Kommandant Cilliers 082-234-5395

(Vroue) Onder-Korporaal van der Berg 081-871-0042

E:pos: oosrandawb@gmail.com

Twitter: @oosrandawb

 

Matteus 25:41

“Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie. Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’ En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie. En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.”

 

Hou asseblief die webtuiste dop vir meer inligting oor al die fasette ens. van die AWB Wenkommando Oos-Rand streek.

© 2015 Afrikaner Weerstands Beweging Oos-Rand Streek

bottom of page