
Afrikaner Weerstands Beweging (AWB)
Wenkommando Oos-Rand Streek
Staan op! Staan saam!

30 SEKONDES VIR GOD
Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek wil graag "30 sekondes vir God" van stapel stuur binne ons geledere, waar bv. net voor julle by 'n AWB vergadering instap, net voor julle by die werk instap, net voor julle by ʼn besigheid vergadering instap, net voor julle kinders op die sportsveld draf, wanneer julle by 'n AWB vergadering uitstap, wanneer julle by die werk uitstap, wanneer julle besigheid vergadering klaar is, wanneer julle kinders van die sportveld afdraf, ens., julle vir 30 sekondes Kniel om God te dank vir Sy groot genade en liefde, en om Hom te vra vir beskerming.
Binnekort gaan julle kollegas by die werk julle 30 sekondes gebed sien en hulle gaan dit ook begin doen, ander besigheid mense gaan julle 30 sekondes gebed sien en hulle gaan dit ook begin doen, AWB lede gaan julle 30 sekondes gebed sien en hull gaan dit ook begin doen, skoliere gaan julle 30 sekondes gebed sien en hulle gaan dit ook begin doen, ens., en kort voor lank is daar miljoene triljoene Suid-Afrikaners wat spontaan Kniel voor ons lewende God - Amen.
Here God U is die Lewegewer wat alles heelmaak wat gebroke, verwoes en vernietig is. Ek dank U daarvoor en vra in Jesus Naam dat U nou ʼn beskutting rondom ons sal plaas wat ons sal beskerm teen enige verder aanvalle vanaf die vyand.
Ek vra ook dat U sal kom herstel dit wat vernietig is met die kragtige bloed van Jesus. Ek bestraf ook alle magte wat teen ons inwerk en beveel dit om te gaan en nie verder in ons lewens in te meng nie. Ons behoort aan God en geen mag of krag het reg in ons lewens nie. Ek vra Vader dat U nou U engele sal stuur om ons in te kokon en dat die lig van U heerlikheid op ons sal skyn sodat geen donker magte ons verder sal teister nie.
Ek vra U ook Heilige Gees om ons oë en ore te open om alles te sien en te hoor wat U aan my wil openbaar en dat ons geeste, siele en liggame alles wat U vir ons gee en aan ons openbaar sal ontvang. Maak onduidelikhede duidelik en help ons ook om op U te vertrou in alle omstandighede.
Ek eer U en loof U Vader en sê dankie vir U goedheid teenoor ons
In Jesus naam, amen
PS - ek het 30 sekondes gebruik om God te dank terwyl ek die bladsy ontwerp het!