
Afrikaner Weerstands Beweging (AWB)
Wenkommando Oos-Rand Streek
Staan op! Staan saam!

GELOFTEDAG
Geloftefees herdenkings is uniek aan die Afrikaner geskiedenis. Nie een van die ander volkere se feeste het so deurslag gewende en vormende rol gespeel in ʼn volk se vorming en visie nie.
Die ontstaan van die Gelofte en die selfopgelegde taak om dit so ook aan die nageslag oor te dra het talle male al in ons volk se geskiedenis die rol gespeel van ʼn genadige, vertroostende en moedgewende dag. Die dag het dan ook ontwikkel in ‘n dag vol van Afrikaner tradisie waarin die Afrikaner homself kon vind en weer aan Mede geloofsgenote herverbind tot die geloof in die Drie-Enige God.
Met reg kan ons Geloftedag as die Afrikaner se verjaardag sien. ʼn Dag waarop ons kan stilstaan en kyk oor die 175 jaar wat ons reeds bestaan en daardeur, net soos van te vore, ons visie kan herbevestig vir die dag van more.
Die Gelofte was nie ’n desperate noodhulp kreet ten tyde van die geveg gewees nie maar ’n wilsbesluit wat duidelik getoon word uit die bespreking omtrent die neem van die Gelofte eers onder al die lede van die kommando en die dan aflegging daarvan voor die geveg, op 9 Desember.
Die Voortrekkers het by aflegging van die Gelofte nie daar gestaan as enkelinge nie maar as huisvaders en sodoende verteenwoordigend van die volk. Dit kon aanvaar word dat hul besef het die Gelofte is nie van tydelike aard nie maar ook oorgedra sal word aan ons “laaste nageslag”.
Vanuit ons kerklike geskiedenis sien ons dat die doel van ’n gelofte is om die eer van God te bevorder en in die 2de plek om die wat die gelofte aflê aan te spoor om die gehoorsaamheid aan God nog sorgvuldiger na te kom. Die Gelofte vir die Voortrekkers was nie ’n vreemde daad nie maar ’n normale handeling in geloof. Hul het sonder moeite in geloof en vertroue op God, hul saak in die hand van die Almagtige God geplaas en Sy hulp en beskerming gevra.
Op 9 Desember 1838 het die Voortrekker kommando onder leiding van kommandant-generaal A.W.J Pretorius by Waschbank in Noord Natal ’n Gelofte afgelê in die godsdiensoefening wat Sarel Cilliers gelei het. Die Gelofte is elke aand herhaal met aand godsdiens en teen ongeveer 11 uur die oggend van die 16de Desember, na die slag gelewer is, weereens herhaal.
Aanvanklik is die Gelofte op klein skaal deur gesinne en geloofsgenote herdenk
Verwaarlosing van die Gelofte in die direkte tyd na Bloedrivier kan daaraan toegeskryf word dat Natal reeds in 1842 deur Engeland geannekseer is en die Voortrekkers weer die Gelofte land verlaat het. In 1864 (26 jaar) het die Algemene Kerkvergadering van die Afrikaners se Natalse Kerke besluit dat 16 Desember as dankdag in die gemeentes gevier sal word.
1865 het die Uitvoerende Raad van die ZAR besluit dat 16 Desember ’n openbare vakansiedag sal wees in die Republiek
In 1866 is die eerste grootskaalse buitelugviering by Bloedrivier aangebied. Vanaf 15 Desember het 40 tot 50 waens in ’n laer op die terrein saamgetrek. Op die oggend van 16 Desember is daar ’n erediens gehou deur Ds. Cachet waarna ’n ete gehou is. In die middag het mans en seuns ’n klipstapel as gedenksteen aan die slag opgerig. Hierna het Ds. Cachet ’n herdenkings toespraak gehou en van die mense teenwoordig het hul wedervaringe tydens die Slag van Bloedrivier, vertel. Hierdie het dan ook die basis gevorm van die program vir duisende Gelofte feeste wat daarna sou kom.
Op 16 Desember 1878 is die eerste openbare fees by Vegkop gehou onder leiding van S.J Cilliers (seun van Sarel Cilliers) wat sou groei tot een van die vernaamste fees plekke in die Vrystaat.
Op Wonderfontein is daar vanaf 10 tod 17 Desember 1879 deur meer as 6000 mense saamgetrek en is ’n plegtige belofte aanmekaar gedoen om aan land en volk getrou te bly, met die oog op God gerig. Hierdie samekoms is al op 16 November 1879 deur sir G.J Wolseley verbied aangesien die ZAR op die stadium deur die Britte geannekseer was en swaar strawwe en beskuldigings van verraad oor die burgers se kop gehang het.
1880 se Gelofte by Paardekraal het die belofte van Wonderfontein formeel tot stand gekom met die herbevestiging van die Gelofte en ’n verband wat onderling gesluit is in die teenwoordigheid van God en met ’n eed in Sy naam bevestig is. Hierna het dit ’n vaste dag op die Afrikaner se kalender gebly.
16 Desember 1880 het die eerste skote ook geklap in Potchefstroom en sodoende het die 1ste Vryheidsoorlog ook begin. Die slag van Amajuba wat op 27 Februarie 1881(was ook ’n Sondag) plaasgevind het, het by baie mense ook die gevoel gegee dat die wonderwerk van Bloedrivier, herhaal is. Hiermee saam het nasionalisme’n sterk rol begin speel op Geloftedag vieringe.
Paardekraal feeste van 1891 en 1896 gee meer insig omtrent die verstaan van Gelofte in daardie tyd. Pres Paul Kruger was by albei die spreker en het dit duidelik as’n Godsdaad gesien.
Tydens die toespraak in 1896 van wyle Pres Paul Kruger: “..staan daarby stil dat die fees ’n godsdienstige fees is om God te dien en geen mens nie. Alle menslike roem is uitgesluit want daar wil die natuur maar heen.”
Tydens die 2de Vryheidsoorlog was Geloftedag reeds gevestig en dat selfs in die krygsgevangene kampe, die dag met groot piëteit herdenk is.
In die kamp by Howick het ‘n “krygsraad” van agt vroue besluit dat Dingaansdag ten spyte van die kampowerhede se onverkwiklike houding jeens Boerenasionalisme, nie ongemerk sou verbygaan nie. Hulle was slegs agt, want daar is gevrees dat indien meer mense by die beplanning betrokke sou raak, hulle planne deur spioene aan die owerhede uitgelap kon word. Die idee was nie net om die Gelofte na te kom nie, maar om solidariteit met die Boeresaak te toon en, indien moontlik, die Boeremagte deur hulle optrede te ondersteun en te bemoedig. Vroeg die oggend van 16 Desember 1901 het ʼn kerkklok die kampinwoners na 'n kerkdiens in ʼn sinkgeboutjie op die terrein geroep. ʼn Erediens onder leiding van Ds. Van der Horst het die verrigtinge geopen. Om 10h00 is ʼn toespraak op ʼn oop plein in die kamp oor die geskiedenis van die Slag van Bloedrivier deur bejaarde nakomelinge van Trekkers gehou.
Nadat die laaste gesang gesing is, het die agt dames ʼn “Vyfkleurvlag” (‘n samestelling van die Vierkleur en die Vrystaatse Republiekvlag wat hulself in die geheim gemaak het) gehys en volksliedere begin sing. Hulle het “Al wat Afrikaners zijn volg ons! ”geroep en met die ‘Vyfkleur” omhoog, ʼn optog na die kampkommandant se kantoor gehou. Die skare het gou aangegroei en kinders het juigend met swaaiende hoede voor hulle uitgehardloop. Die Britse kommandant het die rebelse skouspel gadegeslaan en summier sy kwartiermeester beveel om die vlag te gaan afneem. Toe laasgenoemde dit probeer doen, is hy deur die vroue toegetakel tot hy wanhopig uitgeroep het: “for God’s sake let me go”.
Die vroue het hom gedwing om eers te hensop, waarna hy met n geskeurde baadjie en heelwat wonde, druipstert die aftog kon blaas. Die vlag was effens verrinneweer, maar het steeds gewapper! Die kampkommandant het £5 aangebied vir enigeen wat die vlag kon afneem, maar niemand wou dit waag nie. Op die ou einde het die vroue hulle viering ongestoord voortgesit en het nog vlae uit ander tente te voorskyn gekom. Die aksie het die vroue besonder opgebeur.
16 Desember 1904 is Pres Paul Kruger plegtig in Pretoria begrawe en op ’n simboliese manier het ’n nuwe fase vir die blanke Afrikaner aangebreek. Van toe af was Geloftedag telkens die dag waarop die verlede bepalend vir die hede op die voorgrond gestel is. In 1910 is dit die eerste keer amptelik in die Unie van Suid-Afrika herdenk onder die naam van Dingaansdag (dit is eers in 1952 na Geloftedag verander).
Hierdie betekenis word meer sigbaar 16 Desember 1913 met die onthulling van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein
Oud-Pres M.T Steyn sê by die onthulling van die monument: “Wat was die krag wat van die swakke vroue sulke heldinne gemaak het? Dit was daardie vaste vertroue in die Almagtige, wat die lot van volkere bestier en gesê het: ‘Ik zal u niet begeven, Ik zal u niet verlaten.’ Dit was geen bygeloof of verrukking van sinne nie. Dit was hulle sielsoortuiging dat daardie geloof hulle nie sal beskaam nie. ”
Nuwe dimensie word ook aan Geloftedag gegee deurdat dit ook as inspirasie vir die toekoms dien
Pres M.T Steyn: “Laat elkeen wat byna ondraaglike laste het hierheen kom en op die monument starende, nuwe moed skep om voort te wandel, totdat God’s wil volbring is.”
1938 was ’n besondere mylpaal in die Afrikaner se geskiedenis met die 100 jarige viering van die Gelofte. Groot opgewondenheid het geheers en fees is gevier soos nooit tevore nie terwyl die kern van die Gelofte sterk beklemtoon is. Die simboliese ossewa trek van regoor die land tot by Monument koppie, sanglus vir liedere soos Die lied van Jong Suid-Afrika, opvoerings en voorstellings was gewild gewees. Die hoogtepunt van die feesjaar was Geloftedag by die hoeksteenlegging van die Voortrekker monument waar Dr. D.F Malan met inspirerende woorde die feesgangers weer aangespoor het tot die blanke Afrikanerdom se idealisme, nuwe hoop, nuwe vaderlandsliefde, nuwe wilskrag en nuwe eenheid.
1949 was weer ’n groot feesjaar met die inwyding van die Voortrekkermonument. Dr. D.F Malan, die eerste minister, het hulde gebring aan die Voortrekkers wat deur taaie volharding en heldemoed die fondamente gelê het vir blanke Christelike beskawing. Sy bekende woorde van “Suid-Afrika, waar gaan jy heen?” het deur die hele land weerklank gevind. Die gedagte was dat die pand wat aan die volk toevertrou is weer in besit geneem moet word. Dit behels terug na die Christelike wandel en geloof, terug na die kerk en terug na God.
1958 het Dr. H.F Verwoerd die Geloftedag rede by Bloedrivier gehou
Sy slotopmerking was: “Ek glo dit is die doel dat ons hier vir die Westerse beskawing en vir die Christelike godsdiens ’n anker en stutpunt moet wees ”....en later.... “..Miskien is dit die doel met ons dat ons hier aan die suidpunt geplant is, binne-in die plek van krisis, om van hierdie weerstandsgroepe uit, weer die oorwinning te laat uitbou waardeur alles wat opgebou is sedert die dae van Christus, sal staande bly tot heil van die ganse mensdom. Mag u krag hê, volk van Suid-Afrika. Om die doel te dien waarvoor u hier gestel is.”
Die Gelofte afgelê deur die Voortrekker kommando het ’n baken gelê vir ons as nasate oor hoe ons leef en glo in ’n land of omgewing wat nie in verhouding met God leef nie maar met mense. In die Gelofte en ook daaropvolgende feeste word geen mens of persoon verheerlik nie maar word die eer aan God gegee en dankbaarheid vir Sy genade.
Telkens word daar gewys na die gebondenheid wat bestaan by Gelofte feeste. Die Gelofte dien nie net as geleentheid vir verootmoediging en dankbetuiging aan God nie maar ook as stille verbond erkentenis aan my volk en mede feesgenote. Dit is duidelik dat die Gelofte asook die viering daarvan klem lê op die verhouding met God en dan ook op latere feeste ook met mekaar as volk.
Anders as ander volkere met ’n lang heidense voorgeskiedenis was die blanke Afrikaners reeds ten tye van volkswording, Protestantse Christene. Dit maak die Afrikaner se volksfeeste anders as die res deurdat dit nugter en sober is waar daar uiting gegee word aan die nasionale bewussyn en strewe. Die handhawing hiervan is dus nie net vir die onderhouding van tradisie nie.
Voortrekkers deur hul vernietiging van die mag van Dingaan het ’n groot diens aan ook die nie-blanke bevolkings van die land bewys. Dingaan en sy voorganger, Tsjaka, wat deur eersgenoemde vermoor is om die koningskap oor die Zoeloes te bekom, het tienduisende, selfs miljoene, nie-blankes in Suid-Afrika vankant gemaak en hele landstreke ontvolk. Deur die vernietiging van daardie bloedige dwingelandy het die Trekkers die algehele uitroeiing van groot getalle nie-blanke stamme voorkom. Hulle was nie die verdelgers van nie-blanke mense nie, soos wat Brits-empiristiese sakelui, sendelinge, skynfilantrope en heerssugtige politici die wêreld wou (en steeds wil) wysmaak nie, maar inteendeel die redders, beskermers en handhawers van ’n vreedsame en beskaafde gemeenskap, skryf Stockenström.
Mede-volksgenote, ons staan vandag hier nie op ons eie nie maar as nasate van mense wat 175 jaar gelede hulself, hul families, hul besittings, hul geloof, hul ideale moes verdedig. Ons staan ook verder hier as kinders, families, vaders, moeders en doen weereens die Gelofte, soos die afgelope 175 jaar, maar meer nog, ons staan nog steeds hier as blanke Afrikaner volk.
Met die uittrek van die kommando om Dingaan te straf het die vrouens en kinders agtergebly, die mans het alles wat vir hul kosbaar is, daar agtergelaat. Hul aardse goedere is alreeds gesteel en meeste van hul se families is deur die wreedaardige voorafgaande moorde op niksvermoedende laers, in rou gedompel. Hier gaan hul in ’n minderheid teen ’n moordlustige massa net met die geloof dat God hul sal beskerm en die ideaal in hul hart dat hul vry mag wees, nie net as individue nie maar ook as volk.
Bowenal dat hul in die benarde posisie sit, is hul ook so vas oortuig van God se redding dat hul ook bereid is om dit wat in die toekoms gaan gebeur, aan God te bied as dankoffer vir Sy bystand. Ons mag nie dit toelaat dat hierdie baken wat vir ons gestel is, in vergetelheid wegdwaal nie. Ons mag nooit daarvan beskuldig word dat 200 jaar van nou, ons kinders dit as ’n abnormale of nie gepaste handeling sal sien om’n Gelofte te maak of te eerbiedig met God nie. Dit moet vir ons en ons nageslag altyd ’n normale handeling van ons geloof wees om sonder moeite in geloof en vertroue op God, hul saak in die hand van die Almagtige God te plaas en Sy hulp en beskerming te vra.
Ons mag nooit toelaat dat ons idealisme as volk oorskadu word deur skuldgevoelens wat deur ’n media aangeblaas word met eksterne motiewe nie. Ons het soos enige ander volk ons bestaansreg nie net hier in Suid-Afrika nie maar oor die hele wêreld.
Die blanke Afrikaner is nie as barbare hier saamgesnoer nie, maar kom uit ’n voorgeslag wat alreeds bewustelik Protestantse Christene (Godsvreesend) was: