
Afrikaner Weerstands Beweging (AWB)
Wenkommando Oos-Rand Streek
Staan op! Staan saam!

PROJEKTE EN AKSIES
1. Blanke bemagtiging:
Siende dat die ANC die blanke Afrikaner uit die Suid-Afrikaanse ekonomie probeer verwyder met hulle haatmisdaadveldtog (volksmoord) en diskriminerende wetgewing - wat teenstrydig is met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (handves van menseregte) en die ANC se vryheidsmanifes (Freedom Charter) 1955, en die Universele Verklaring van Menseregte (Universal Declaration of Human Rights) Resolusie 217A, kom ons blanke Afrikaners begin ʼn blanke bemagtiging aksie in ons geledere waar ons slegs blanke Afrikaner (lede) besighede en werklose blanke Afrikaners ondersteun - Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (handves van menseregte) Vryheid van Assosiasie.
Stuur asb. (kontak ons) vir ons die kontak besonderhede van enige sulke besighede (bv. loodgieter, werktuigkundige, tuindienste, kafee, ens.) of werklose blanke Afrikaner (volkshulpskema) met die nodige wil, kennis en opleiding, en ons publiseer dit per spesifieke kategorie op die AWB Wenkommando Oos-Rand streek se webtuiste:
- Motor werktuigkundige:
- Loodgieter:
- Tuindienste:
- Opsoek na werk:
Melinda 084-535-6866 (administratiewe werk in die Benoni/Boksburg area)
Indien julle opsoek is na 'n plek om te eet, plek om wegneemetes te kry, kontrakteurs vir werk by die huis of kantoor, iemand om jou kar te diens, tuindiens, ʼn werksgeleentheid kan aanbied, ens. bemagtig asb. ons blanke Afrikaners en/of gee ʼn werklose blanke Afrikaner (volkshulpskema) die geleentheid om ʼn eerlike inkomste te verdien.
2. Tweerigting radio kommunikasie:
Daar bestaan reeds 'n groep AWB Wenkommando Oos-Rand streek lede wat in verbinding bly d.m.v. tweerigting radio, om van mekaar se welstand te verneem; misdaad (volksmoord) informasie en kriminele modus operandi te versprei onder mekaar; mekaar om hulp te roep; mekaar te waarsku teen probleme soos bv. stakings, paaie wat onbegaanbaar is; ens.
Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek leier en offisiere wil graag lede aanraai om tweerigting radios aan te skaf vir die doeleindes soos hierbo, en om te verseker in 'n tyd van oproerigheid wanneer bv. selfoon torings en landlyn kabels af is, ons in kontak kan bly met mekaar en ander AWB streke d.m.v. tweerigting radio - waarvan die sein nie afgesit kan word nie.
Tweerigting handradios is beskikbaar by Generaal Cilliers (kontak ons) teen R700.00 stuk (die prys is onderhewig aan verandering).
3. Gebieds vonds:
Die AWB Wenkommando Oos-Rand streek gebieds vonds was tot stand gebring vir die insameling van kleinkas (petty cash), om te gebruik vir nodige uitgawes soos bv. fotostatiese papier ens.
Administratiewe personeel kan met groot lof en baie dank aankondig dat die gebieds vonds kleinkas met baie welslae besig is om te verbeter. Lede word gevra om die gebieds vonds lojaal te ondersteen, en te help met vonds insamelings projekte.
4. Voorbereiding:
Na kontak met verskeie AWB Noordwes Provinsie streek lede oor die situasie en kondisie in Rustenburg (Noordwes Provinsie) met die ± 8 weke lange staking(s), waar die nie-blanke alweer besig is om die land se ekonomie te vernietig d.m.v. die “vakbond vastrap” (toi toi), is die situasie en kondisie volgens bronne, nie bestendig nie.
Die AWB Oos-Rand streek wil graag die hartseer gebeure in Rustenburg gebruik as voorbeeld om vir die AWB Wenkommando (Oos-Rand streek) te beklemtoon, dat ʼn wyse man hout in die somer moet bymekaar maak vir die koue winter.
AWB Wenkommando Oos-Rand streek lede word gevra om maandeliks, bo en behalwe julle eie persoonlike rantsoene by die huis, vir Kommandant du Bruyn (kontak ons) ʼn blikkie of twee nie-bederfbare produkte (wat insluit baba en hondekost), water, mediese toeristing, ens. te bring, sodat "ons" dit kan opgaar, en beskikbaar maak aan lede as die noodlot soos in Rustenburg met ʼn voedsel tekort, ons eendag sou tref.
Enige persone wat die blanke Afrikaners in Rustenburg wil ondersteen met skenkings ens., word gevra om in aanraking te kom met Vroue Kommandant Marneweck (kontak ons) so spoedig moontlik.
5. Vryheid om vreedsaam te betoog en saam te drom:
Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (handves van menseregte), die ANC se vryheidsmanifes (Freedom Charter) 1955, en die Universele Verklaring van Menseregte (Universal Declaration of Human Rights) Resolusie 217A skenk aan elke burger van die Republiek van Suid-Afrika onder andere die vryheid van spraak, die vryheid van politieke regte, en die vryheid om vreedsaam te betoog en saam te drom.
Sluit asseblief aan by petisies, betogings, ens. teen doelbewuste onderpolisiëring (volksmoord); verbreking van die 1994 ooreenkoms deur op Afrikanerregte te trap oral waar die ANC kan d.m.v. ʼn haatmisdaadveldtog (volksmoord) en enorme hoeveelhede diskriminerende wetgewing teen blanke Afrikaners - wat teenstrydig is met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 1996 (handves van menseregte) en die ANC se vryheidsmanifes (Freedom Charter) 1955; die verbreking van die sosiale kontrak teenoor die blanke Afrikaner belastingbetaler naamlik dienste en veiligheid in ruil vir belastings; slegte dienslewering op alle vlakke en by alle departemente van die staatsdiens en regering; korrupsie en bedrog op alle vlakke en by alle departemente van die staatsdiens en regering; die bewaring van die Afrikaner se regte, taal, kultuur, eiendom, sekuriteit, identiteit, nasionaliteit, geskiedenis, ens.
Ons kan dit nie alleen doen nie...
Staan op! Staan saam!
2 Korintiërs 12:1-10 God se genade is vir ons genoeg!